Rooispinmyt

Maak ‘n oplossing van helfte Jeyes Fluid en helfte water en gooi of spuit dit oor die aangetaste dele waar rooispinmyt voorkom.

Tamatieblare kan van hulp wees in jou tuin. Dit verdryf myte en sommige wurms en motte.

Kap genoeg blare fyn om 2 koppies te vul. Week die fyn gekapte blare oornag in water. Gooi die mengsel deur ’n sig en meng die vloeistof met 2 koppies water. Spuit jou plante met die mengsel.

Wees versigtig met die vloeistof, tamatieblare kan giftig wees.

Kalkswael is ‘n ander behandeling wat gebruik kan word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply