Voëls

Indien jy die probleem het met voëls wat in jou venster vasvlieg is dit ‘n goeie idee om ornamente en ander voorwerpe op jou vensterbanke te plaas wat hulle sal laat weet hulle kan nie daar vlieg nie.

Probeer dit vermy om plante daar te plaas, want dit sal net jou probleme vererger.

Indien ‘n voël gedisoriënteer is na so ‘n ongeluk kan jy dit in ‘n geventileerde doos sit op ‘n warm plekkie.

Onthou voëls moet nie met kaal hande hanteer word nie.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Kan iemand my asb help! Ek het baie spreeus in my tuin en hulle mors vreeslik. Hoe kan ek van hulle ontslae raak, gee raad asb.

  2. Spreeus is slim en sal gewoond raak aan amper enige afskrikmiddel. Die beste manier is om dit so ongemaklik as moontlik te maak vir hulle. Kap spykeragtige stukke metaal of ander skerp voorwerpe vas op die plekke waar hulle gereeld sit. Jy kan ook iets gebruik wat ‘n geluid maak of na iets skrikwekkends lyk, maar dit moet gereeld verander, want die spreeus raak gou gewoond en sal na ‘n tyd nie meer skrik nie. Ek het al gesien iemand maak lang repe foelie vas op plekke in die tuin. Die materiaal het hulle gevra by ‘n maatskappy wat gegeurde melk bottel. Dit was repe waaruit hulle die doppies gedruk het. Dis blink aan die een kant en ‘n sekere kleur aan die ander. Indien die son daarop skyn en dit beweeg flits dit verskriklik en die spreeus hou niks hiervan nie. ‘n Klomp bymekaar maak boonop ook ‘n geluid wanneer die wind waai.

Lewer kommentaar

Leave a Reply