Chrysanthemum frutescens
Die madeliefiebos word tot 2 meter hoog en net so wyd. Dit is ‘n groot bosagtige, houtagtige meerjarige plant met blomme in ‘n verskeidenheid skakerings vaan geel, pienk, rooi en wit. Hulle blom laat in die winter en gedurende die lente.
Plant hierdie madeliefie in volle son.
Groei maklik van steggies.