Saad van die meeste inheemse bome en struike (uitgesonder Proteaceae) moet verkieslik in die lente of somer gesaai word. Saai die saad soos aangedui in die aanwysings vir saai en plaas die houers in ‘n warm beskutte area met ligte skaduwee.
Sodra die saailing groot genoeg is kan hulle in individuele half-liter houers of blikkies uitgeplant word. Verkieslik moet die jong plantjies nog in ‘n ligte skadu gehou word. As dit vinnigsgroeiende bome of struike is, kan hulle na ‘n paar maande in grote sakke verplant word of direk op hulle verkose groeiplek in die tuin.
Voordat ‘n plant uitgeplant word is dit belangrik om seker te maak dat die plant gesond is en sy wortelsisteem goed ontwikkel het.