Verslaaf aan seks

Anoniem skryf:
“Asseblief ek het hulp noding sonder om snaaks te wees ek is seks verslaaf en ek moet stop! My gesondheid en mense verhoudings gaan nie lank hou as ek so aan gaan nie. Is daar iets wat ek kan doen om op te hou met masturbasie? Ek is te skaam om persoonlike hulp te gaan soek en ek weet nie meer watter kant toe nie asseblief.”

Marthie van Zyl:

Ja, dit kan wel ‘n probleem raak as ‘n mens se seksdrang TE hoog is. Dit is egter nie net jy wat so n probleem ervaar nie, daar is n aantal mense wat met dieselfde probleem worstel.
Ek weet nie of jy man of vrou is nie, maar masturbasie kan wel help om jouself n bietjie in toom te hou, maar teveel masturbasie is ook nie goed nie, want mens kan verslaaf raak daaraan en dan glad nie meer seks wil he nie.

Roekeloos skryf:
“Ek het ‘n groot probleem – ek is 21 jaar oud en weet dat ek as aantreklik beskou word maar ek dink dat ek verslaaf is aan seks. Dis nie hieroor of daaroor nie en ek gaan glad nie daarop uit om seks te kry nie maar as ek die geleentheid kry om ‘n ordentlikke ou te ontmoet (en hulle wil gewoonlik ‘n verhouding met my aanknoop en ek ontwikkel graag gevoelens vir hulle) dan doen ek dit!

Ek is al twee jaar plus in ‘n baie goeie verhouding met ‘n wonderlikke man B van 23, hy is in die Britse weermag en ons sien mekaar gereeld (elke vier maande) gewoonlik vir ‘n week of twee – ons het groot toekomsplanne en hy het ‘n baie stabiele agtergrond en is finansieël welaf – ek is regtig baie lief vir hom en sal hom nie opgee of inruil vir niks of niemand nie – hy’s die een saam met wie ek my drome kan uitleef en ons het besluit om in die volgende twee jaar te trou. Hy bevredig my op elke vlak en in die bed is hy ‘n god maar tog …

Als klink nou wel en goed maar ek het in die twee jaar wat ons saam is hom al vyf keer verneuk! Ek het op ‘n stadium so skuldig gevoel dat ek dit alles vir hom vertel het en dat hy gesê het dat hy verstaan. Nie oordat ek nie lief is vir hom nie maar oor die feit dat ek ‘n behoefte het – ek hou van ouens en hulle hou van my… Die probleem is nou net dat ek al in my leeftyd saam met meer as 21 mans geslaap het en dat ek nou in bietjie moeilikheid is – ek het onlangs iemand anders ontmoet, sy naam is A. A is ‘n baie oulikke ou en hy is 28 – is voorheen getroud vir ‘n jaar en ‘n half en toe het die huwelik muslik. Ek het met hom begin praat en ek het besef dat ek gevoelens het vir A – hy’s ‘n fantastiese man en hy bevredig my seksueele drange maar nie met die res van my behoeftes en drome nie – ek ervaar hom bietjie negatief (heelwaarskynlik oor sy egskeiding) maar ek weet dat ek en hy albei sterk gevoelens het vir mekaar.

Soos jy kan sien sit ek dan nou tussen my behoeftes en twee vure (en ek wil nie maar ek is lief vir albei van hulle)

My vraag is dan nou aan jou: As ek regtig lief was vir B sou ek hom verneuk het en as A my nie op ander vlakke bevredig nie – hoekom het ek dan sulke gevoelens vir hom? “

Marthie van Zyl:

Ja, ek sou saam stem dat jy jouself in n redelike groot verwarrende situasie bevind.

Ek glo self dat ‘n mens vir meer een man / vrou sekere gevoelens, en selfs n tipe liefde kan voel……. hoewel talle kundiges met my sou stry, en sê dat dit nie moontlik is nie, maar elke mens het sy eie unike samestelling van emosies en gevoelens…. maar ongelukkig laat morele waardes en norme ons nie toe om meer as een maat aan te hou nie…… so, ‘n keuse sal jy moet maak, hoe moeilik ook al, jy sal moet. Maar, as ek op ‘n meer positiewe vlak kan beweeg, jy is relatief jonk, en sommige mense vat net langer om werklik te weet wat hulle soek in ‘n verhouding, en daarmee bedoel ek nie daar is iets fout met jou as jy steeds onseker is oor watter tipe man jy graag jou lewe mee wil deel nie, maar daar is nog meer as genoeg tyd vir jou om die regte keuse te maak, want as jy eers ‘n ring aan jou vinger dra, is dinge baie meer gekompliseerd as wat jy nou ervaar………….. dan is dit nie meer ‘n kwessie van vat jou goed en gaan nie, dan het jy huweliksbeloftes afgelê.

My opinie op grond van jou mail, en let wel, my opinie…….persoon B klink vir my na die beter keuse, hoekom sê ek so, want in jou eie woorde sê jy dat jy jou drome kan uitleef saam hom……….en dat hy ‘n god is in die bed…….. persoon A bevredig slegs die seksuele sy van jou persoonlikheid, en soos ‘n mens ouer word begin drome meer punte tel, veral die onverwesenlikes, en as jy sou trou met persoon A, en hy steeds nie aan jou ander behoeftes kan voorsien nie, sal hy beslis sy status na twee egskeidings bevorder, want jy gaan aanhou soek en jaag na iets waarin hy nie kan voorsien nie………… dit is slegs as voorbeel gese, want ek ken nie die twee mans nie en ook nie vir jou nie, seks is baie belangrik, maar seks kan aan geleer en ge-oefen word tot perfeksie……………. om ‘n goeie man te wees en aan ‘n vrou se behoeftes te voorsien is MINDER maklik en voor die hand liggend……….. hoekom is persoon A geskei?? Onthou, daar moet twee kante van ‘n saak wees, nie net een nie….ek probeer nie twyfel skep by jou nie, net feite soek.

Trou jy slegs op die seksuele van ‘n verhouding………..kan dit goed gaan vir jare, want die opmaak is so lekker na ‘n verskil…..maar daar bestaan altyd die gevaar dat jy toenadering van ‘n ander man sal soek, een wat in ‘n ander sterker behoefte van ‘n vrou voorsien, ons behoefte aan respek en inagneming en alle ander vroulike dinge, en my eerlike opinie, persoon B klink vir my na die man wat jou gelukkig sal maak, die feit dat jy ontrou was aan hom is glad nie reg of verskoonbaar nie………maar kan wel gebaseer wees op drange buite jou beheer, seksuele drange is ongelukkig baie sterk, maar jy sal oor verloop van tyd meer beheer kry oor seksuele drange, met ander woorde jouself kan keer voor jy dit met iemand anders doen, en natuurlik die afstand en lang tye tussen seks het ook n invloed, want verder glo ek ook dat seks n drang is en wel bevredig kan word sonder dat jy LIEF is vir n persoon, maar weereens “moreel” is dit ongelukkig nie aanvaarbaar nie, maar jy is BESLIS nie die enigste persoon wat swig voor seksuele drange nie, en jy sal ook nie die laaste persoon wees nie.

In kort sou ek dus jou vrae so antwoord: Jy kan wel vir een man lief wees en met ‘n ander een seks hê sonder dat jy lief is vir hom, JA dit is verkeerd en onwenslik, maar seks is ‘n drang wat bevredig wil word, dit is emosioneel ook, maar die drang is sterker….. Die volgende vraag se antwoord : Jy kan seksuele bevredeging/drange met liefde verwar, want ‘n man wat sy storie ken in die bed..het ‘n sekere mag oor ‘n vrou, wat dit dan moeilik maak om liefde van behoefte te onderskei……

Ek hoop ek kon darem die keuse ‘n bietjie makliker maak, maar dit is geweldig moeilik om sekere vrae oor die internet te beantwoord, want seks en verhoudings het soveel fasette, en ‘n e-pos kan nooit alles bevat wat’n invloed het op 2 persone se lewens nie.

Baie sterkte.

L is ontstoke oor Jack se bydrae:
“Ek wil net graag my opinie lig oor Jack se bydrae.
Omdat hy 6’3 is en 112kg weeg, moet hy nie dink hy is die shits nie en dis ‘n skande dat hy met meer as 300 vroue ‘slaap’.
Omdat hy ‘n corporate exec is gee hom nie die reg om vrouens so te gebruik en misbruik nie.
Jy is disgusting en het ‘n moerse groot probleem. Vrouens is nie net hier vir seks nie.”

R**** skryf:
“Ek is ‘n 23 jarige jong man, ek en my verloofde is nou al 1 jaar en 6 maande verloof, maar dis eers onlangs dat die probleem wat ek bevind kop uitsteek. Dit voel assof ek ‘n abnormale groot drang na seks het, en as my verloofde my weier (wat deesdae al hoe meer begin gebeur) word ek ontstoke. Haar vriende sê dat sy nog nooit eintlik ‘n baie seksuelle tipe mens was nie, maar aan die begin het ek soos sy gevoel.
So nou wil ek weet, is daar enige soort hormoonstabiliseerder of iets op die mark, sodat ek net my seksdryf kan afkry, ek vrees om my verloofde te verloor en wil regtig iets aan die saak doen.”

Ben:
Whoaaa met medikasie! Jy weet nog nie eens of jy werklik ´n probleem het nie. Dalk is jou seksdrang normaal en haar drange baie laag.

Indien jy die probleem wil oplos stel ek voor jy gaan spreek ´n dokter wat spesialiseer op die gebied. Praat ook met jou vriendin oor haar seksualiteit en haar voorkeure en afkeure. Dalk kan jy nog vuur in die verhouding blaas.

Seksdrang afkry?! Jy behoort jou te skaam:-)

Jack skryf:
“Ek is ‘n man in my 30-er jare en is nie getroud nie. Ek neem aan dat as gevolg van ´n midlife crisis wat ek beleef vra ek die volgende vraag:
Ek begin deur my omstandighede kortliks te beskryf:
Ek was nog nog nooit getroud nie en dus nog nooit met net een persoon in ‘n verhouding nie, omdat ek van afwisseling hou. Ek is ‘n corporate exec, so ek reis gereeld en het ‘n besige lewe en het tot dusver met vele vrouens al seks gehad, so 300+, ongelooflik ek weet maar ek is is 6’3″, 112kg, 23cm met 6% vet en maak meer as die hele kabinet saam per jaar. Ek wil weet of dit normaal is of moet ek hulp soek? Is ek ‘n sex addict of pervert as ek gemiddeld elke ander week met ‘n ander vrou seks het. En is dit gesond? Tot dusver het ek nog geen siektes opgetel nie. Ek het ‘n baie hoë keuringsproses – meeste van die vrouens is in die besigheidswêreld en op my vlak – of proffesioneel of upper class. Ek gebruik in elk geval altyd kondome. En my firma, omdat verseker is deur hulle, stuur my vir ‘n vol medies met bloedwerk elke 3 maande!”

Ben:
Wat is normaal? Dit is baie moeilik om te definieer. Net soos mense verskil so verskil ons aptyt vir seks ook.

Vir my klink jy na ´n normale jong man met ´n hoë seksuele aptyt. Ook goed om te hoor dat daar iemand is met genoeg breinselle om te besef dat mens veilige seks moet beoefen.

Jy noem wel dat jy voel jy beleef ´n krisis. Indien dit die geval is en jy sukkel om daardeur te werk kan dit geen kwaad doen om by iemand te gaan aanklop vir hulp nie.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

  1. Ek is 43 en verslaaf aan seks.Die 1ste mnd van my huwelik het ek my man met 6 anders mans verneuk.Soos die jre aanbeweeg het,het my drang vererger.My man is met ons 7de huweliksherdenking dood in n ongeluk en vir n mnd het ek werklik hard probeer baklei teen my verslawing maar die verslawing het gewen en vir 3jr het ek elke dag saam n ander man geslaap en meerste van die tyd was dit n paar mans bedags.Ek is weer getroud en vir n paar mnde het dit goed gegaan want elke oggend,middag en aand het ons seks gehad,toe raak ek swanger en my man is bang hy maak die baba seer so toe begin ek weer rond slaap om my drange wat toe baie erger is te bevredig.Ons is na n paar jr geskei en tot vandag het ek steeds elke dag meer as 1 keer seks en soms help ek ook myself.Ek het ophou tel op 600 mans en dit was n hele paar jr terug.Hoe kan ek my drange onder beheer kry,ek is steeds single oor ek bang is vir trou,ek is bang ek verneuk n volgende man ook,ek is glad nie in n verhouding nie.Dis nie dat daar fout is met die uiterlike nie,ek hoor elke dag he pragtig ek is of prentjie mooi is maar hier binne my woed die vreeslike seks verslawing.Ek het vanaand reeds 4 keer seks gehad en het klaar weer n behoefte aan seks.Ek soek regtig hulp want my niere hou dit nie met die baie seks nie.En dis nie dat die mans my nie bevredig nie,elke seks episode is min 2ure waarin ek oor en oor bevredig word

  2. Ben hoe lank vat dit na n post om n antwoord te kry?Moet ek n datum bysit?Kan ek naamloos bly?Hoekom vra dit of ek n robot is?

  3. Selfde problem. Ek 57 jaar oue man met n abnormals seks drange. Het in di eerste maand van my huwelik met meeste van my vrou se vriendinne seks gehad. Elke liewe dag naai ek vyf tot sea vrouens. Ek key n kick daar hit on as n vriend gou uitgaan sy vrou hard end diep the naai. Orgies , 3 sums swing is my lewe. Altyd met kondome. Help ASB. Of n vrou wat kan by hou

Lewer kommentaar

Leave a Reply