Die plant van vrugtebome

Plant vrugtebome net so diep as wat dit in die kwekery gestaan het – dit sluit wingerdstokke in. Wingerdstokke wat van steggies gekweek is, moet met die oorspronklike steggie onder die grond geplant word.

Voor jy die boom uitplant moet die grond waarin dit staan deeglik natgemaak word. Sit die houer met boom en al in ‘n houer vol water. Los dit daar vir ten minste 30 minute.

Die gat in die grond moet ‘n bietjie wyer wees as die houer waarin die boom staan, maar presies so diep.

Sny die boom van die houer uit en laat sak die boom in die gat deur die houer. Sny die res van die houer, wat gewoonlik plastiek is, af van die boom. Vul enige ruimte om die wortels met grond en druk dit goed vas. Maak ‘n vlak dammetjie om die stam van die boom met ekstra grond. Werk kompos by die grond wat die dammetjie help vorm en gooi nog ‘n laag kompos oor.

Die boom is nou geplant. Maak dit goed nat.

(foto Ramjheetun Elodie)

Lewer kommentaar

Leave a Reply