Pyn gedurende seks

***** ******* skryf:
“Die volgende is aan min mense bekend. Ek het egter DRINGEND raad nodig. My vrou het sedert ons eerste huweliksnag pyn tydens seks. Ons is nou 14 jaar getroud. Daar is verskeie operasies gedoen om die probleem te probeer oplos en verskeie terapeute, sielkundiges en psigiaters besoek nadat geen fisiese redes meer moontlik was nie. Twee kinders is met pyn verwek. Dit blyk dat dit uiters gevoelige weefsel net binne die vagina is. Kort en lank van die saak ons het nie meer enige seks nie. Het in my huwelik nog minder as 5 keer spontane seks gehad. Toe dit gebeur het, met pyn. My vrou bereik wel orgasme as ons die slag sover kom om mekaar te stimuleer. As ek gelukkig is laat sy my toe om haar oraal te stimulaar, ek is mal daaroor!! Sy wil egter my nie oraal stimuleer nie. Agv die traumatiese omstandighede en die geskiedenis van chirurgie, terapie, salwe en wat ookal; het sy nou ‘n weersin in seks. Heeltemal verstaanbaar! Geen wedersydse masturbasie of enige seksuele kontak geskied basies meer nie. Ek is baie seksueel ingestel en my vrou is ongelooflik sexy. Ek begeer haar met my hele wese en fantaseer oor haar. Ek is egter moeg om op amper 40, binne ‘n huwelik te masturbeer om van my frustrasies ontslae te raak! Ek is hoogs seksueel gefrustreerd en dit kom soms in my gedrag teenoor my mense uit. Ek is nou op die punt om die huwelik te beeindig of te verongeluk deur buite egtelike vehoudings aan te knoop. Sal selfs vir seks betaal want met al die geld wat al aan bogenoemde spandeer is kon ek al baie betaalseks gehad het … Ek is egter te bang vir seksuele oordraagbare siektes en wat dit aan my gesin en haar kan doen as ek soiets optel. Is ook benoud dat ek waarskynlik prematuur sal ejakuleer as ek die geleentheid kry. Wat staan my te doen?”

Antwoord:
Dit is ‘n baie onaangename toestand en weens die pyn het jou vrou nou boonop ‘n verstaanbare weersin in seks ontwikkel. Wat ander paartjies doen is om hul sekslewe so te skeduleer dat hulle intiem verkeer op tye wanneer die pyn bietjie minder is. Mense gebruik ook medikasie vir die pyn, eksperimenteer met posisies om iets geskik te vind wat nie pyn veroorsaak nie en hulle probeer alternatiewe vorms van stimulering, soos byvoorbeeld orale seks wat jy ook noem. Julle sal egter nog ‘n treetjie terug moet gee en die geleentheid skep vir jou vrou om seks te herondek. Die eerste stap is kommunikasie. Begin ‘n oop en eerlike gesprek met haar, vertel haar hoe jy voel en van jou frustrasies, alles wat jy hierbo noem. Die idee is nie om ‘n konfliksituasie te skep nie, maar om ‘n eerlike oop verhouding te hê. Dit gaan heelwat kommunikasie en begrip verg om by ‘n gemeenskaplike punt uit te kom waar beide van julle gelukkig gaan wees. Onthou om haar met liefde en respek te behandel en haar te vertel dat jy haar nog begeer.
Die volgende webwerf kan julle dalk help met oorsake en moontlike oplossings vir haar probleem: http://www.dyspareunia.org
Voorspoed!

Dairybell skryf:
“Ek wil net weet ek het ‘n brand sensasie na seks, ek is nou onlangs getroud maar is al 5 jaar saam met my man, maar het nooit voorheen die pyn ervaar omdat ons altyd beskerming gebruik het, maar vandat hy “binne my kom” brand dit soos vuur! Ek gebruik op die oomblik ‘n salf wat ek op ‘n stadium by die ginekeloog gekry het vir infeksie, maar dit wil nie werk nie! Wat stel jy voor?”

Marthie van Zyl:
Ek stel voor jy gaan sien n ander ginekoloog, dit wat jy ervaar is beslis nie NORMAAL nie, nie onbekend nie, maar daar is medikasie wat daarvoor help, gaan sien asb ‘n ander ginekoloog.

Amanda skryf:
“Ek en my verloofde is nou al 6 jaar saam. Ons het nog nooit voorbehoedmiddels gebruik nie. Daar was nog geen teken van swangerskap nie. Wat ek eintlik wil weet is, as ons intiem verkeer kry ek baie keer seer dit voel ook partykeer of hy teen my blaas druk. Dit is partykeer so seer dat ek kan huil. Is daar enige raad, oor die swangerskap en die pyn?”

Marthie van Zyl:
Jy moet so gou as moontlik ‘n dokter gaan spreek. Die pyn wat jy beskryf is nie normaal nie. Alle vrouens ervaar soms ‘n bietjie pyn veral net voor menstruasie begin, maar dit wat jy ervaar is beslis nie normaal nie.

T***** skryf:
Ek hoop jy kan my so gou moontlik help om my seks lewe te herwin!! ek is 19 en baie onkundig!! Ek en my verloofde is al 3 jaar saam ons het al vir amper 3 jaar al seks maar nog steeds het ek BAIE seer as hy “hom” insit dit veroorsaak dat ek nie sommer wil nie en eintlik geniet ek dit baie dit is net dit wat my so afsit, hoekom??? Ek gebruik die pil al amper ‘n jaar of bietjie meer as ‘n jaar en soos almal gebruik hom gereeld en vergeet nie om my pilletjie te drink nie wat is die kanse dat ek swanger kan raak? En is dit gesond om op so vroeë ouderdom swanger te raak! Ek verloor te veel bloed gedurende my siklus wat veroorsaak dat ek hoofpyn kry in dieselfde asem het ek ‘n sist op my eierstokke van ongeveer 2 cm kan dit my kanse belemmer om eendag kinders te hê? Laat weet my asb eks baie onkundig!!!

Marthie van Zyl:
Ek is ongelukkig nie ‘n ginekoloog nie en dit klink vir my of jy beslis by een moet uitkom. Dit is nie veronderstel om seer te wees as jy seks het nie, veral nie na so ‘n lank tydperk nie, daar is dus beslis iets anders fout, en die fout lê nie in die seksdaad nie.

Veronica skryf:
“Wanneer ons seks het is dit seer. Wat kan ek maak? Ek het dikberm probleme asook blaas en nier probleme. My geneesheer sê as my infeksies verbeter sal als beter wees maar niks verbeter nie. Watter raad kan jy my stuur?”

Marthie van Zyl:
Dit is baie sleg dat jy so baie mediese probleme het, want ongelukkig het ‘n mens se fisiese toestand baie te doen met jou seksuele ervaring en genot. Die geneesheer van wie jy praat, is dit ‘n ginekoloog of nie? Indien hy nie is nie, stel ek voor jy gaan spreek eerder jou ginekoloog, want hoewel ek nie ‘n mediese dokter is nie, is ek redelik seker dat daar iets aan te doen is, maar wat presies weet ek ongelukkig nie, behalwe om vir tyd en wyl, orale seks voor te stel. Hoop regtig jy vind gou ‘n oplossing met die pyn.

Lewer kommentaar

Leave a Reply