7 Dinge wat jy moet weet

Vroue hou van voorspel.
Die gehalte van seks hang oor die algemeen af van die voorspel. Hoe langer hoe beter. Die uiteindelike daad is oor die algemeen nie so belangrik vir ´n vrou nie. Dit is nie die Comrades nie. Probeer eerder so ´n 100m op ´n slag en dalk kan julle heelnag besig bly.

Mans hou van pornografie.
Meeste mans het ´n oog vir pornografie, of hulle daaroor praat of nie. Vrouens moet versigtig wees om nie te erg te kritiseer nie. Dit het niks te doen met sy gevoel vir jou nie.

Vroue deel makliker intieme geheime.
Mans deel nie maklik hul intieme mannewales in die slaapkamer met sy vriende nie. Mans spog dalk meer, maar vrouens is meer geneig om die fynste besonderhede te bespreek.

Grootte maak saak!
Dit beteken bloot dat jy NOOIT met ´n man gesels oor sy grootte of die van ´n eks nie. Dit is soos PMS x 1000 vir enige man.

Orale seks is in!
Mans hou van orale seks en meeste van hulle sal nooit nee sê daarvoor nie en nog meer van hulle glo hulle kry dit nie genoeg nie. Dieselfde geld vir vrouens. Sekere navorsers beweer dat vrouens dit oor die algemeen meer wil hê as mans.

Soen is in!
Vroue geniet soen baie, terwyl mans ophou daarmee sodra hulle getroud is. Vir ´n vrou gaan dit hand aan hand met voorspel.

Praat oor masturbasie!
Meeste vroue masturbeer, maar net soveel van hulle is te skaam om daaroor te praat. Dit is ´n fout! Mans sal geensins bedreig voel hieroor nie. Inteendeel, hulle sal meer belangstelling toon as hulle weet.

bydrae: Ben Brand

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Dis omtrent so veilig soos Russiese roulette. Dis nou as dit kom by swangerskap en hulle wil dalk pa word. Semen kan nog steeds by die penis ontsnap, al kom jy nie.
    Wat seksueel oordraagbare siektes betref bied dit 0% beskerming.
    Dis gewoon onnosel!

  2. Ek is ‘n 26 jarige student. Van my vriende beweer dat hulle veilige seks beoefen. Ek wil by jou weet hoe veilig dit is? Wanneer die ou voel sy orgasme is naby, dan trek hy sy penis (sonder ‘n kondoom) uit die meisie. Sy masturbeer hom dan verder tot hy ‘n hoogtepunt bereik. My vraag is hoe veilig en betroubaar is hierdie manier van seks?

Lewer kommentaar

Leave a Reply