Hoe veilig is ‘n kondoom

Ekke skryf:
“Ek het ‘n vraag wat ek dink ander ook dalk graag sal wil weet. Ek en my kêrel is nou ‘n jaar saam. Ek was voorheen getroud en moet erken dit is nogal moeilik om nee te sê na mens weet hoe dit voel ens ens. In elk geval… My kêrel kla dat hy eintlik niks kan voel as hy ‘n kondoom aanhet nie, en ek glo hom, want hy verloor sy ereksie baie vinnig wanneer een aanhet.
Ek weet daar is kondome wat baie dun is, maar het dit nog nie uitprobeer nie. Maar hoe veilig en “effektief” sou dit wees, en waar sou mens so iets kon bekom. Nie dat ek dit al self ooit gaan koop het nie… laat dit gewoonlik aan hom oor :)”

Antwoord:
Meeste kondome is gewoonlik heel veilig. Maak net seker jy koop dit by ‘n handelaar wat jy kan vertrou en nie sommer by ‘n stalletjie op straat nie. Indien jy in ‘n stedelike gebied woon behoort jou naaste apteek ‘n groot verskeidenheid kondome te hê.
Dit is dalk ‘n goeie idee dat jy daar gaan inloer. Jou kêrel behoort dit te geniet indien jy hom verras met ‘n pakkie. Dalk hou daai ereksie dan ook sommer langer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply