#Aardklop Roelof Temmingh (en Zorada)

Roelof Temmingh (en Zorada),
Roekeloos,
8 September.

Die jong pianis Roelof Temmingh (17) maak tans opgang in Suid-Afrika se musiekwêreld.

Sy virtuositeit en sensitiewe interpretasies is uitsonderlik vir sy ouderdom. Hy het vanjaar die eerste prys asook al die kategoriepryse in die gesogte Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie gewen en is die jongste kunstenaar nog wat as solis in die Nederburg-konsertreeks opgetree het.

Sy program bestaan uit bekende klavierwerke van onder andere Bach, Chopin, Rachmaninoff, Grieg, Debussy, Ravel en Prokofiëf. Sy ma, die bekende Zorada Temmingh, sal by hom aansluit vir ’n verrassing of twee.

Genre: Klassieke musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Almal welkom
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 100
Plek: kykNET Konservatorium, Potchefstroom
Datum: 9 Oktober 17h00

Aardklop 2014

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar