Bernice Stott se nuwe uitstalling, Liquid Light: Forms Drawn From Water, is tans by artSPACE in Durban.
Die beeldhouwerk in die uitstalling is geïnspireer water se vloeibaarheid en die vermoë daarvan om van vorm te verander. Stott gebruik haar kuns om sosiale kwessies aan te spreek, soos byvoorbeeld die verhouding tussen die vroulike vorm en die wêreld.
Die uitstalling duur tot 27 September. Die galery is Maandag tot Vrydag van 09h00 tot 17h00 oop. Saterdae en openbare vakansiedae van 09h00 tot 14h00.

Foto: Andrew Griffin
