Vaginale dam

Ek het die volgende vraag ontvang:
Ben
Hoekom sukkel ´n mens so om “vaginal dams” te koop te kry? By baie apteke weet hulle nie eens waarvan ´n mens praat as jy daarvoor vra nie. Dan, as jy ten aanhore van omstanders blosend moet verduidelik waarvoor dit gebruik word, het hulle dit nie.

Ook die paar sekswinkels wat ek gebel het, hou dit nie aan nie.
Wat is fout met die plekke? Dink hulle orale seks is “veilig”?
– Tongtippietoets

Ben:
Tongtippietoets,
Dit is beslis niks snaaks nie en geensins uniek aan Afrika nie. Mense in Duitsland en Nederland het al aan my genoem dat hulle net so sukkel om dit te kry. Sommige mense sny sommer ´n kondoom op en gebruik dit as substituut.
My enigste raad is om jou apteker te vra om dit aan te hou. Persoonlik dink ek dit moet net so geredelik beskikbaar wees soos kondome.
Vir die wat nie weet nie: ´n Vaginale dam is ´n stuk lateks wat verhoed dat daar direkte kontak is tussen mond en vagina tydens orale seks, of mond en rektum, as jy wil. Hulle is beskikbaar in ´n verskeidenheid van diktes, groottes, kleure en geure.
Die vaginale dam word oor die vagina of rektum geplaas voor en gedurende orale seks.
Onthou net mense sal lieg dat dit klap net om jou in die bed te kry en wanneer iemand vir jou lieg oor hul HIV-status is jy in potensiële lewensgevaar.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Mens kan vir jou betreklik maklik 'n beflappie maak van 'n kondoom. Jy rol dit oop, sit dit plat neer en sny dan met 'n skêr sowat 'n halwe sentimeter af aan die kant waar die opening is. Sodoende raak jy van die rekkie by die opening ontslae. Dan sny aan die ander kant sowat twee sentimeter af. So raak jy van die nouer deel by die tip ontslae. Nou sny jy dit in die lengte deur en vou dit oop. Siedaar, jy het nou 'n lappie waarmee jy die dosie of anus lekker kan bef!

    Wat nog beter as 'n kondoom werk is huishoudelike kleefplastiek – die tipe waarmee mens 'n slaaibak bo toemaak. Jy moet egter eers van die kleefeienskap ontslae raak. Daarvoor is talkpoeier – gewone babapoeier of voetpoeier – net die ding. Lê eers 'n stuk waspapier van so 30×30 cm op 'n tafelblad neer. Bestrooi dit kan oor die hele oppervlak met talkpoeier. Rol dan 'n stuk kleefplastiek van die rol af en terwyl jy dit styfgetrek hou lê jy dit op die waspapier neer. Sny die stuk met 'n sker af. Strooi nou talkpoeier egalig bo-op die kleefplastiek. Gebruik nou jou vingerpunte en vryf elke deel van die plastiekvel liggies in sirkeltjies oor die talkpoeier op die waspapier. Draai dit dan om en doen ook die ander kant. Werk dan die talkpoeier verder in deur die vel op te tel, toe te vou en deel vir deel teen mekaar te vryf, omtrent soos mens 'n vadoek sou was. Werk en frommel dit tot daar geen dele meer is wat aan mekaar kleef nie. Jy het nou 'n oulike beflappie wat jy baie klein kan opvou, in 'n koevert of ander klein houer kan sit en in jou baadjiesak kan hou – vir wanneer jy dit nodig het.

    Die voordeel van die kleefplastiek-beflappie is dat dit heelwat dunner as 'n kondoom is en derhalwe 'n meer natuurlike gevoel gee. Dis ook heelwat groter as 'n kondoom-beflappie, sodat jy minder hoef in te span om in plek te hou.

    Terloops, vir die wat gewonder waar die woord "beflappie", vir "vaginal dam" of "dental dam", vandaan kom, dis 'n samestelling van "bef" en "lappie". En om iemand te bef is afgelei van die woord "bef" of "beffie", 'n sinoniem vir "borslappie". Om iemand te bef is gewoonlik so 'n nat, souserige spul dat mens eintlik 'n borslappie daarvoor nodig het!

    Lekker bef!

  2. In plaas van talkpoeier kan mens ook mielieblom gebruik om te keer dat die kleefplastiek aan homself kleef.

Lewer kommentaar

Leave a Reply