Hy vat te lank

Altea skryf:
“Ek is baie moedeloos, ek en my ou gaan al lank uit en het beginne saam slaap, maar daar is een groot probleem hy vat baie lank om ‘n orgasme te kry, partykeer tot vier ure. My rug wil dit nie meer hou nie, is daar iets wat ‘n mens kan doen of medikasie gebruik wat kan help. Ek vra groot asseblief hulp.”

Marthie van Zyl:
Ja wel, meeste vrouens sal sê “lucky you “, want die algemene klagte is hoe ‘n mens kan maak om die man langer te laat aanhou, maar as dit tot solank as vier ure strek, dan glo ek jou sonder twyfel dat jou rug dit nie meer kan hou nie, en sekerlik meer as net jou rug?
Medikasie om vinniger ‘n orgasme te kry is daar ongelukkig nie, die raad wat ek het vir die probleem is:
1) Orale seks voor julle oorgaan tot die daad self, die meeste mans bereik baie vinniger hulle orgasme deur orale seks as andersins, jy sal dit egter eers op die proef moet stel, want ons wil nou ook nie hê dat die orale seks alles beeindig voor die kroon gespan word nie.
2) Verlei hom eers vir ‘n tydperk deur dinge te doen waarvan hy hou om te sien, bv. te ontklee terwyl hy jou dophou, te masturbeer terwyl hy kyk (hy mag egter nie in die dinge deelneem nie, hy mag net KYK) mans is visueel, met ander woorde hulle wil sien, dit wat hulle sien, kikker hulle seksueel op, en gevolglik lei dit tot vinniger orgasmes.
3) Stimuleer sy prostaatklier, deur stimulasie hiervan sal hy beslis vinniger sy orgasme bereik, veral as jy dit doen terwyl julle besig is met die liefdesdaad (wees egter versigtig om hom nie te beseer nie).
4) Rek die voorspel uit…………… mans het baie “plekkies” wat sensitief is vir aanraking, masseer sy kopvel, streel, lek en betas sy arms en onderarms, sy bors, maag, heupe, bo-bene, boude en binne bene. Iewers gaan jy iets ondek wat hom beslis vinniger ‘n orgasme gaan laat bereik…. hou net aan met soek, dit maak julle sekslewe lewendig en interessant deur mekaar se liggame so te ontdek en te leer ken.
Ek hoop werklik jy kry iets wat jou rug gaan spaar, maar aan die ander kant, geniet en benut die feit dat jou maat soveel beheer het oor sy orgasme, in later jare wens jy dit dalk weer terug.

Lewer kommentaar

Leave a Reply