Ek wil my penis vergroot

Irene skryf: “More, ek wil net hoor. Kan mens n penis vergroting deur plastiese snykunde laat doen of nie?”
Antwoord:Ja, maar lees wat verder op die blad geskryf is.

“Dagsê
Ek sou graag wou weet of daar werklik produkte is wat werk (as dit kom by ´n groter penis). Wat werklik werk en nie net ´n geldmaak storie is nie. As daar wel iets is kan u dit noem?
Baie dankie”
– Stef
Ben:
Stef,
Ek kan nie met alle eerlikheid vir jou sê ek weet van ´n produk wat werk nie. Miskien kan lesers laat hoor wat hulle ervaring is met die produkte op die mark.

“Hi Ben”,
Please assist. I need to enlarge my penis. Its currently 16-17 cm. Please advise me on how and what to do. I am 26 years old.
Thank you kindly”
xxxxxx
Ben:
Die besluit om jou penis te vergroot is ´n persoonlike keuse. Daar is ´n verskeidenheid van produkte op die mark, wat wissel van pompe en elektroterapie tot pille wat aanspraak maak dat dit ´n ekstra paar sentimeter kan bylas. Jy sal ongelukkig self moet gaan soek aangesien ek nie hier voor die voet mag adverteer nie.
Ek moet egter net die volgende onder jou aandag bring. Om ´n penis te hê van 16-17cm wanneer dit styf is is glad nie te versmaai nie. Die Alfred C. Kinsey Instituut vir Seks Navorsing het bevind dat die gemiddelde stywe penis 15.65cm lank is. Navorsing by Universiteit van Kaliforni&eumMore, ek wil net hoor. Kan mens n penis vergroting deur plastiese snykunde laat doen of niel; het die gemiddeld op 12.95cm gestel terwyl navorsing in Brasilië bevind het 14.48cm is die gemiddeld. Ek haal ook aan uit ´n 2001 nuusbrokkie op Roekeloos: “Een van die wêreld se bekendste vervaardigers van kondome het bevestig dat kondome wat vir die plaaslike mark vervaardig word 1mm breër is as die in Europa en 4mm as die in die Oosterse lande.”
Daar is geen rede hoekom jy nie jou 16+ Meneer met trots op die tafel kan gooi nie!
Hoop ek kon van hulp wees.

Ben,
´n Paar jaar gelede was daar ´n artikel van ´n man in Silverton, Pretoria, wat ´n ‘Penis Fitness Programme’ verkoop het. Ek het agterna op baie van die program gehoor, en in koerante en tydskrifte advertensies orals vir dit raakgesien. Die program se naam was “Project P”.
Ongelukkig sien ek dit nerens meer nie, en is nou in ´n finansiele (en persoonlike posisie) om die program aan te skaf sonder om bekommerd te wees oor my privaatheid. Daar is orals op die internet verwysings na ander soortgelyke programme, maar ´n mens betaal in Dollar daarvoor wat die prys weereens VEERRRR bo my vuurmaak plek plaas.
Kan jy my dalk help – ek wil NIE gaan vir chirurgie nie, en die pompe wat op die mark is vertrou ek nie. Ek het al gehoor dat dit ´n foefie is.
Dankie
– Anoniem

Ben:
Ek het op die volgende webwerf afgekom wat moontlik vir jou van hulp kan wees:
http://www.4men.co.za
Hoop dit help.
– Ben Brand

Lewer kommentaar

Leave a Reply