Seks in die jakoetsie

“… om so lank as wat ek wil in my jakoetsie te kan lê” sing Lucas Maree. Wel Lukas, jakoetsies is nie net gemaak vir lê nie, maar is ook ´n uitstekende plek vir ´n seksuele ekskursie.

Mense hou van in ´n jakoetsie lê, want dit is ontspannend en laat jou vergeet van die baas se dom besluite en die verkeer huis toe. Vir die oorgewig porsie van die bevolking is dit ook ´n tydelike smakie van hoe om te voel soos iemand met ´n 32 middel.

Vir seks in die jakoetsie moet daar natuurlik twee van julle wees om mee te begin. Klim aanvanklik met julle swembroeke in die bad. Dit rek die lekker darem so ´n tydjie uit.

Die jakoetsie leen hom tot goed tot wedersydse masturbasie. Begin eers aan die buitekant van die swembroek voor jy uiteindelik daarvan ontslae raak. Vir mans maak dit nie veel saak nie, maar vrouens moet liefs nie met oorgretige vingers gepenetreer word nie. ´n Vrou se natuurlike smering word verminder deur die water, met die gevolg dat enige vorm van penetrasie ´n pynlike ervaring kan raak. Boonop het sommige jakoetsies soutwater wat dit net kan vergerger.

Bogenoemde is die rede hoekom jakoetsies allertipes trappies het. Julle kan een van ´n verskeidenheid posissies inneem, sou julle uiteindelik besluit op penetrasie. Die proses kan ook voortgesit word in die slaapkamer.

Geniet dit en pasop vir gly!

Lewer kommentaar

Leave a Reply