Gardnerella vaginalis

Vraag
My voël se voorvel het vernou en het krake in en is baie seer veral met seks. Kan suikersiekte die oorsaak wees?
dankie”
xx

Ben:
Ek is nie ´n mediese praktisyn nie en kan jou ongelukkig nie help nie. Jou simptome lui ook nie vir my ´n klokkie in verband met enige seksueel oordraagbare siektes nie. Ek stel wel voor dat jy die dokter so gou as moontlik gaan spreek!
Die vraag het my wel die belangrikheid laat besef van kennis van seksueel oordraagbare siektes. Ek wil die week vlugtig kyk na een genaamd Gardnerella vaginalis.
Persone met die siekte onder lede toon normaalweg nie simptome nie, maar statistieke toon dat heelwat mense die bakterieë dra.
Mans dra normaalweg die siekte oor, maar vrouens toon meer simptome. Simptome wat by ´n vrou kan voorkom is ´n skuimerige groen, geel of wit afskeiding wat sleg ruik. Die vagina mag ook pyn en jik. Simptome verskyn sowat 2 tot 21 dae na infeksie. ´n Dokter moet die diagnose doen.
Die infeksie kan lei tot onvrugbaarheid by vrouens. Mans kan inflammasie van die voorvel ontwikkel.
Behandeling moet liefs onder toesig van ´n dokter plaasvind.
SIT AAN daai KONDOOM!

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Die siekte is fimose (phimosis). Dit word veroorsaak deur die Candida gis wat algemeen in en om mense se geslagsdele voorkom. As mens egter antibiotika gebruik steur dit die natuurlike balans van gisse en bakterieë en mense kry dikwels 'n erge Candida infeksie as hulle op antibiotikas is. Een van die gevolge is dat mans Candida-infeksie van hulle voorhuid kry wat tot die vorming van skendweefsel en 'n afname van elastisiteit lei. Dit wissel in graad en soms is besnydenis die enigste uitweg. As mens dit betyds behandel kan 'n kortisoonroom help om te keer dat te veel skendweefsel vorm.

    Uther Pendragon
    utherpendragon55@yahoo.com

  2. Hi

    Ek het jul berig gelees oor Gardnerella vaginalis….Is daar enige behandeling en wat is die ergste wat kan plaasvind..Hoop ek sal kan antw'de kry..

    Groete

Lewer kommentaar

Leave a Reply