****** ***** skryf: “Ek en my man is al 9 jaar getroud en het 2 kinders ons seksdrang het net alhoe minder geword as ek wil dan is hy te moeg en as hy wil dan is ek te moeg, kan dit enigsins ly tot probleme in die huwelik en wat kan ek doen om weer die lewenslus terug te kry.”
Antwoord: Seks is ‘n belangrike deel van enige gesonde verhouding. Julle is nie uniek nie. Meeste mense se sekslewe gaan gebuk onder hierdie verskoning: “Ek is te moeg.”
Meeste mense volg nie ‘n gebalanseerde dieet nie, kry te min oefening, gebruik te veel alkohol of ly aan stres. Hierdie, of ‘n kombinasie hiervan, is die grootste oorsake van die moegheid. Die slegte nuus is dit raak net erger soos jy ouer word. Om uit die groef te kom gaan ‘n definitiewe besluit verg om iets te doen, om reg te eet en oefening te kry. Ander oorsake is rook en te lang ure werk.
Daar is egter ook ‘n paar ander dinge waarmee jy verandering in jou sekslewe kan aanhelp. Nommer een is om te dink aan seks. Gaan stap ‘n ent of lê in die bad en visualiseer ‘n stomende sekssessie. Probeer om nie te dink aan die kinders of wat jy nog moet doen nie. Dink seks!
Eksperimenteer! Probeer nuwe posisies of seksspeelgoed. Jy kan selfs vreemde plekke uitsoek om seks te hê. Sorg net dat die kinders erens anders is.
Kommunikeer! Stuur vir jou maat ‘n sexy SMS of e-pos. Bel hom en haal hard in sy oor asem – sê tog net dit is jy. Dit is maklik om hom lus te maak as jy lus is.
Laastens is dit belangrik dat julle genoeg rus kry.

Probeer swinging. Dit het vir ons gewerk.