Draaikolk

’n Mens se lewe kan in ’n oomblik onherroeplik verander.


Die Amerikaanse skrywer Joan Didion was besig om aandete te beplan toe haar man skielik sy bewussyn verloor en kort daarna oorlede is. Dit was die begin van ’n jaar van vreemde reise, skokke, omwentelings, gedagtes wat nie altyd mooi sin maak nie, momente van galgehumor.

Joan het in een jaar haar man en haar dogter aan die dood afgestaan. Hoe verwerk jy so ’n verwoestende, dubbele verlies sonder om ’n klein bietjie uit te haak? Dalk, as jy al die regte dinge doen en die regte gedagtes optower, kan jy die orde herstel?

Haar joernaal is ’n hartsreis vol aandoenlike episodes en vele humoristiese, eg-menslike insidente. Die uitwerking van haar vertelling op die gehoor is uiteindelik genesend en verkwikkend – ’n intieme band word gesmee oor ’n universele ervaring.

Die oorspronklike drama met Vanessa Redgrave as Joan Didion het staande ovasies in Londen en New York uitgelok. Annette Engelbrecht, veelbekroonde veteraan van verhoog, televisie en rolprente, keer terug na die verhoog in ’n kragtoer wat ontroer, vermaak en inspireer. Hierdie produksie gaan ’n teaterervaring wees om te onthou.

Met Annette Engelbrecht
Teks: Joan Didion – The year of magical thinking
Vertaling: Schalk Schoombee, Annette Engelbrecht en geredigeer deur Louis van Niekerk
Regie: Louis van Niekerk

* Debuut *

innibos 2013

Genre: Tragikomedie
Datum en tyd: Wo 26 Junie 19:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 14:00, Sa 29 Junie 14:00
Venue: Bergland Laerskool, Nelspruit
Tydsduur: 90 minute
Prys: R97

Lewer kommentaar

Leave a Reply