Sy wil niks weet nie

Anoniem skryf:
“Ek en my vrou is nou 4 jaar getroud, maar sy wil nooit seks hê nie. Altyd ‘n flou verskoning. Voor die huwelik was ons sekslewe 100%. Is die storie waar dat as ‘n vrou troukoek geëet het haar seksdrange daarmee heen is? Of is dit die ring?”
Marthie van Zyl:

Nee jong, daai storie oor die troukoek en ring is nie regtig WAAR nie … van ons is al 13-14 jaar getroud, en ons geniet seks soveel moontlik en net wanneer ons kan …(bedoel nou “ons” as vrouens).
Jy is egter nie die enigste man wat begin wonder daaroor nie, en daar is wel ‘n aantal vrouens wat belangstelling in seks verloor, daar is soveel faktore wat hiertoe kan bydra, dat ek nie hier almal met jou kan bespreek nie (emosies, in die geval van vrouens is die groot sondaar).
Ek weet ook nie watter tipe “lover” JY is nie, so dit gaan bietjie moeilik wees om vir jou die regte raad te gee … miskien moet jy my direk kontak as jy graag beter raad wil hê? As ek weet wat jy bied, sal ek kan sê of die fout by jou of haar lê.



Ek het die volgende brief ontvang:


Hi Ben
Ek dink ek het ´n probleem.
Die storie is soos volg:
Ek het die meisie ons alby is 25 jaar en ek is verlief op haar, sy het ´n oulike dogterjie van 3 jaar. Die probleem is ons gaan nou al ´n maand uit en ons het nog nie een keer gevry nie of net lekker saam sit en mekaar vas hou en so aan jy weet wat ´n normale verhouding behels. Ek weet nie of ek stadig is nie of wil sy my net nie soen nie. Die pa van haar kind het haar baie seer gemaak ek weet nie al die feite nie maar soos ek kan aflei het hy haar baie seer gemaak. NA die verhouding was sy weer in ´n verhouding en ek dink die ou het haar ook seer gemaak. Wat ek wil weet hoe gaan ek haar oortuig dat ek nie dieselfde is soos die vorige ouens nie. Sy sê al die mans sê so aan die begin maar later vertrap hulle haar (ek is regtig vier vir haar). Hoe sal ek haar laat verstaan dat ek regtig lief is vir haar. Die dogterjie is regtig oulik en sy het my laat verstaan as ek in die verhouding wil gaan ek hulle altwee vat, ek het geen probleem met dit nie en ek en die kind kom goed oor die weg.
Asb ek sal dit waardeur as ek ´n antwoord kan kry om die probleem op te los.
PS: die probleem gee my nogal slaapeloose nagte ek weet nie waar ek staan met die vrou van my drome nie.
Dankie
Probleem van Eersterust Pretoria
Ben:

Liewe Probleem,
Geduld is aan die orde in hierdie geval. Daar is nie veel wat jy kan doen, behalwe om geduldig te wees en haar vertroue te wen nie.
Dit is natuurlik ook belangrik dat jy al vir haar moes gesê het dat sy die vrou van jou drome is. Indien jy bereid is om te wag sal dit vir haar ´n teken wees dat jy ernstig is oor haar.
Geduld, geduld!
Hoop julle kom reg.
Groete


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply