Dit is baie moontlik dat so 'n ramp jou mag tref, baie van die middels wat gebruik word tydens die tipe inbrake het 'n verdowende effek op 'n mens, en gevolglik verval jy in 'n diep diep slaap. Ek kan ongelukkig nie praat uit persoonlike kennis in verband hiermee nie, maar ek dink tog dat jy bewus sal wees daarvan as iemand jou betas en verkrag … of jy iets daaromtrent sal kan doen sal afhang van die tipe verdowing waar onder jy is, en indien die persoon jou verkrag sonder beskerming, sal jy BESLIS daarvan bewus wees sodra jy wakker word.
Die laaste tyd hoor mens van so baie mense wat in hulle huis geslaap het, dan het inbrekers iets deur die venster ingespuit sodat hulle baie vas slaap en dan gesteel. Kan verkragting dalk plaasvind terwyl so iets deur 'n venster ingespuit is? Sal jy die volgende oggend weet dat jy verkrag is en kan daar nie op 'n manier so stimulasie plaasvind dat jy nie weet jy is verkrag nie?