Vrae oor die ereksie

Saartjie skryf:
“Ek lees nou al die interesante vrae en antwoorde, sjoe, nee mar sjoe!
Iets wat ek wil vra, wat nou deel van die sjoe is,hehe, die kruie(Damiana) wat julle voorskryf, ek lag nou lekker, moet mens die’ eet,drink, rook, gebruik as n “lube”? (ek lag my nou byna pap).
en dan net ‘n laaste vragie, as ek en my maat seks het, as hy kla orgasme gehad het, is daar byne niks meer van “daai” meneer oor nie, m.a.w daar is niks vir my oor nie.lol. Hoe die hel gan ek “daai” meneer van hom punt in die wind hou? Die foreplay is awsume, alles gaan goed, tot hy orgasme gehad het!
laaste ding, ek het ‘n baie hoe seksdrang, mar as ons nou aan die gang is, gan daai seksdrang weg, dan is dit glad nie so lekker soos ek gehoop het nie, en net nog erger, wane “daai” meneer niks wil weet as hy nou gespoeg het nie…hehe”

Antwoord: Eet of drink natuurlik, maar as jy dit wil probeer rook en laat weet hoe dit gegaan het, laat waai 😉
Jy skryf nie oor jou man se ouderdom nie. Dit gaan maar moeiliker hoe ouer ‘n man word. Gee hom ‘n blaaskansie en probeer weer. ‘n Gesonde lewenstyl doen ook wonderwerke vir enige ereksie.


M skryf: “Hoop jy kan my help. Ek en my man is al 19 jaar getroud en het nog nooit hierdie probleem gehad nie. Vanaf die middel Januarie die jaar het daar ‘n probleem ontwikkel.
Ons het vanaf Januarie tot vandag toe 4 keer seks gehad wat op ‘n ramp afgeloop het. Die probleem is dat niks styf word nie. Al die kere was dit presies dieselfde. Dit voel vir my of ek die probleem is en of hy my nie meer aantreklik en begeerlik genoeg vind nie. Praat ek met hom daar oor is die antwoord of hy het stres by die werk of hy is moeg. Hy is nie oud nie en is in sy laat 30’s. Kan jy my asb help en sê wat die moontlike redes daarvoor kan wees. Volgens die info wat ek tot dusver gekry het is daar ‘n paar redes- probleme met prostaat, stres, of ‘n buite eglike verhouding. Help asb voordat ons huwelik op die rotse beland”

Antwoord: Indien jy die ander antwoorde lees sal jy besef dat dit met meeste mans gebeur. Jou man is oud genoeg hiervoor. Hy kan heeltemal reg wees, dit kan die werk wees of dalk is hy uitgeput.
Wat jy kan doen is om begrip te hê vir die probleem. Dit sal ook help indien jullekan na waar julle jul leefstyl kan aanpas. ‘n Gesonde liggaam is tot voordeel vir enige persoon se sekslewe. Beter eetgewoontes en meer oefening sal ook sorg dat hy nie so moeg voel nie.


Dave skryf: “My probleem is dat wanneer ek met ‘n dame wil seks hê, ek nie ‘n ereksie kan kry nie. By die huis as ek sou masturbeer, dan is dit geen probleem nie. Maar so as dit kom by seks met iemand te doen, is ek baie senuweeagtig en met al die adrenalien wat afgeskei word, is my penis slap. Is daar ‘n manier om hierdie probleem te oorkom?”

Antwoord: Dave, jy is ‘n normale man. Meeste mans is maar bietjie angstig, of dalk net te opgewonde, wanneer hulle met ‘n nuwe seksmaat te doen het. Selfs wanneer hulle een seksmaat het, maar baie min seksueel verkeer kan die probleem kop uitsteek (of dan nou sukkel om kop uit te steek).
Eerstens kan jy kyk om vir jou asemhalingsoefeninge te kry wat gewoonlik vir baie angstige mense voorgeskryf word. Dit behoort jou te help ontspan op groot geleenthede.
Probeer om nie die seksdaad te veel te visualiseer nie. Fokus op wat jy aantreklik vind in die persoon, die gesig, mond, boude of dalk bene. Trek jou aandag weg van die daad.
Rek die voorspel uit, jy het mos tyd om die spesiale plekke op jou seksmaat te vind. Stimuleer die areas wat jy kan aflei hulle van hou.
‘n Oefening wat uitstekend werk is om iemand seksueel te stimuleer, terwyl julle vooraf besluit het om nie seks te hê nie. Na ‘n paar keer hiervan kan jy dalk vind dat iemand kliphard om aandag gaan begin vra.
Al penetreer jy jou maat moet jy steeds gefokus bly op ander plekkie as die penetrasie, tot jy natuurlik nie meer anders kan nie. Aan die einde van die dag kan dit alles dalk net van jou ‘n beter seksmaat maak.


M***** ******* skryf :
“My vriend is 55 en ek is 35, ek het nou ook by hom ingetrek, maar die probleem is dat ek die idee kry dat hy, omdat ek nou nie die perfekte perdeby lyfie het en ek is kort, 1.54m lank, en nie my bene om sy hele lyf kan gooi as ons seks het nie, dat dit dalk die rede is dat hy sukkel om styf te word, ons moet dit aanhelp, hy sê hy sukkel al vandat hy 50 geword het, soms gaan dit baie goed, so vir ‘n hele week sommer, dan skielik weer niks, dan moet hy homself forseer of iets doen, of dan help ek hom, anders sukkel hy om te kom. Ek kyk na my gewig en het ook al heelwat verloor, wat hy ook self agter gekom het. Sy vorige meisie was kwansuis mooi maer, alles behalwe, sy het ‘n paar heupe wat skrik vir niks en sy het lank bene, ek het hom daarop wys gemaak, maar dit is asof hy dit nie insien nie …? Wat kan ek maak om hom “goed wakker” te kry, dit voel asof wat ook al ek probeer, dit werk nie.”

Antwoord: Dit is regtig nie jou skuld nie. Indien jy die ander antwoorde op die blad lees sal jy besef dat mans maar al hoe meer sukkel om ‘n ereksie te kry hoe ouer hulle word. Wat jy kan doen is om te sorg dat hy ‘n gesonde leefstyl het. Dit sal die lood in sy potloot sit.


T***** ******* skryf:
Ek het ‘n worsteling – my man van 39 jaar het baie maklik ‘n ereksie gekry as hy my naak gesien het – as ek gebad het en hy na my gekyk het of as ek dalk iewer skelm bostukloos lê en “tan” en hy op my afkom, ens. Deesdae moet hy aangehelp word om ‘n ereksie te kry. Ek voel of sy belangstelling in my nie meer daar is nie en sy mening is dat dit net is omdat hy ouer word en dat ek niks het om oor bekommerd te wees nie.
Is dit normaal of is dit iets anders?

Marthie van Zyl:
Dit kan heel moontlik slegs toegeskryf word aan die ouderdom, mans word ongelukkig ook ouer en ervaar gevolglik ook seksuele probleme, min soos hulle daarvan hou, is dit ongelukkig realiteit.


QD skryf:
“Ek wil nie meer reg styf raak raak vir die tweede rondte nie. Wat is die probleem? Ek is maar 27 jaar oud.”

Marthie van Zyl:
Daar kan n hele paar dinge fout wees … maar al is jy net 27, onthou, jy is nie meer 17 nie!! Die meeste mans verloor die vermoeë vir twee vinnige sessie na mekaar sodra hulle ouer word, maar as jy sorg dat jy gesond eet, in oefening bly, nie teveel rook en drink nie, en die outjie net ‘n halfuur of so kans gee….. behoort jy nie ‘n verdere probleem te hê nie.

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

  1. my vriend 50 ek 60 hy sukkel om styf teword na die 2keer se in gaan is alles slap en kla gekom

  2. Ek is 30 jaar oud en ek wil nie meer styf raak nie wat kan dit wees

  3. Ek is 24 en as ek en my wyfie sex het en ek klaar geejakuleer het dan raak my meneer n 0 op n kontrak ek het wel n geskiedenis wat ek vir 8jaar dagga gerook het van die 8 jaar was my laaste 2jaar deurmekaar met ander dwelms naamlik Cat,Cristal en gewo e party drugs… maar ek is nou al 10 maande skoon wat ek net dagga gerook het die afgelope 2 maande en toe ek vir eerste keer weer sex het in 10 maande het ek n snaakse probleem ondervind dat meneer nie wil saam werk… hy doen die ding tot ek klaar geejakuleer het en dan is dit verby(selfsugtag die ding van my hy dink net aan hom self) dink julle dit kan tedoen wees met die dwelms of wat kan die probleem wees….

  4. Ek het so nou besluit ook om nie meer o derbroeke te dra nie dalk is dit die probleem ek weet nie ek soek raad asseblief

Lewer kommentaar

Leave a Reply