Ben,
Kan iemand vir my vertel hoekom mans “rondloop”. Dit is defnitief nie ´n tekort aan seks nie. Die word gereeld beoefen. Is dit die vrou of is dit net in mans se aard.
Vra maar net
Ben:
Soos ek hier skryf doen heelwat hotelle regoor die wëreld goeie besigheid as gevolg van mans wat nie op die regte pad kan bly nie, maar dis darem nie regverdig om te veralgemeen nie (Mickey het darem hopelik nog nooit vir Minnie verneuk nie).
Heelwat vrouens vra gereeld hierdie vraag. Voor ek dit antwoord moet ons net vooraf besef dat die moeilikheid meesal van twee kante kom. Mans is egter meer geneig om toenadering iewers anders te gaan soek, want hulle is nie altyd toegerus om emosionele pyn te verwerk nie. So hier is my eerste rede hoekom mans rondloop, dit is ´n metode om emosionele pyn te verwerk.
Heelwat paartjies se argumente eindig in ´n stomende sekssessie. Daar is min dinge so bevredigend vir mans soos ´n orgasme. Seks kan dus ´n afleiding verskaf van probleme by die huis of by die werk.
Tweedens weet almal van ons al by die tyd hoe groot ´n man se ego is. Mans moet hierdie ego gereeld voed en sommige gebruik seks om dit te doen. Indien ´n ander vrou jou man laat goed voel oor sy ego, dan is sy beslis op die regte pad om hom in die bed te kry.
Weens hul sosialisering is mans geneig om hul woede op te krop. Indien jou maat vir jou kwaad is, maar jou nie wil konfronteer met sy woede nie kan ´n ander vrou sy manier wees om jou terug te kry. Die bonus hier is dat so ´n verhouding dan sy ego ook streel.
Vierdens kan mans ook soos vrouens verveeld raak met ´n verhouding. Die gras is vir sommige mense altyd groener aan die ander kant.
Dit gebeur gereeld in ons gemeenskap dat ons vergeet dat mans ook vertroeteling nodig het. Hand aan hand iermee is sy behoefte aan intimiteit. Sou hou ter enige tyd voel dat hy dit nie by die huis kry nie sal hy dit beslis elders gaan soek.
Gewapen met bogenoemde 5 redes kan jy moontlik agter die kap van die byl kom. Praat met hom. Werk dit nie moet jy dit beslis oorweeg om ´n berader te gaan sien.
Ek het die volgende eenvoudige vraag ontvang:
****
Indien iemand dalk dink hulle weet wat die “regte” antwoord op bogenoemde vraag is kan hulle my gerus laat weet.

my man is 41 en baie onaktief seksueel… ek is 37 en ons is 'n jaar getroud…..ek is op my peak en wil als eksperimenteer synde ek 8 jaar alleen was en gladnie seksueel aktief was nie…ek vertel hom hoe sexy hy is, ek's mal oor sy lyf maar hys baie erg oor sy lyf en nou voel dit vir my asof ek nie mooi/goed genoeg is vir hom synde hy net gladnie lus is nie…en 'n vrou wil tog voel sy word begeer en dat haar man aan haar vat……ek's mal daaroor om aan my man te vat…
Dink nie dis jy nie. Hy het waarskynlik probleme wat aan hom 'n negatiewe selfbeeld besorg. Hy het jou ondersteuning en geduld nodig.
ek is al 15 jaar getrout en al 20 jaar saam my man van die begin af het hy rond geneek maar hy het gese dit is omdat ons nog nie getrout is nie en dat hy dit nie in die huwelik sal doen nie. ok toe trou ons maar dinge het nie verander nie ek verdink om baie met goed wat hy doen en se en weet van straat vrouens en die ergste is ek weet nie of hy dit doen nie ek het hom al op tracker gevolg en gevang waar hy die een wou vra om haar dienste maar hy het ons seker gesien daar en weg geloop. Ek het oor dit begin kom en als agter my gesit nadat ons lank daaroor gestry het en dit het nou so n week terug alles weer terug gekom. Sy broer het n verhouding met n vrou in die buurt en hy het glo n "crush" op haar gehad toe sy jonger was en kon nie genoeg daarvan praat nie maar wat my pla is die "crush" moes wees toe ons al saam was en dalk getrout was al want sy het skool klaar gemaak toe is my seun al 2 jaar oud. Hoe verwerk n vrou dit dat haar man haar so klein kan laat voel en so seer kan maak voor sy familie ek voel ek sal hom nie kan vertrou nie veral nie as sy broer se verhouding sterker word en hy die vrou huis toe bring nie. Dit gaan sy "crush" mos erger maak. Van Gebroke Hart
Gebroke Hart, Jy moet dalk eerlik wees met jouself en besef dat jy dalk in 'n slegte verhouding is. Dalk moet jy na jouself en seun begin omsien en 'n plan maak om 'n nuwe lewe te begin.
Mense ek is al 12 jaar gertoud en ons bly in n woonstel en da is n girl wat op die selfde vloer as ons bly en ek het nou al agter gekom sy en my man kyk vir mekaar en smile wat moet ek doen ek is bang dit gaan verder