Die Skommelstokkie

Ek was op soek na ´n Afrikaanse woord vir vibrator toe iemand vir my sê: “Kyk in Roekeloos se woordeboek“. So die skommelstokkie verwys na sommige vrouens se beste vriend.

Al meer enkellopende vrouens wend hulle tot hierdie stukkie gereedskap. Nie ´n slegte idee as jy in ag neem die tyd en geld wat dit kos om ´n man in die bed te kry. Dan is daar ook allerhande siektes in omgang, so die triller is dalk glad nie ´n slegte idee nie.

Getroude mans klim gewoonlik onmiddelik op hul perdjie as jy die woord vibrator in hul omgewing noem. As ons die onkunde rondom die gebruik van die vibrator uit die weg kan ruim sal baie meer persone met ´n glimlag op die gesig by die kantoor opdaag.

Die gewildste model by vrouens is nog steeds die mediumgroote, penisvormige, batteryaangedrewe nommertjie met ´n gladde omhulsel. Uithouvermoë het hulle egter glad nie.

Niks kom by ´n stok wat by die muur ingeprop moet word nie. Stimulasie is daar in oorvloed en hy sal jou nooit op die verkeerde tyd in die steek laat nie.

Ook vreeslik gewild is die klein haardroër-tipe wat ´n verskeidenheid van sagte vervangbare koppe het.

Vir die meer avontuurlikes is daar selfs modelle beskikbaar wat jy in water kan gebruik. Bly asseblief net weg van die soort vibrator wat ook warm word, dat kan vir ´n pynlike ervaring sorg.

Dit is belangrik om te onthou dat voordat die stokkie gebruik word jy/julle ´n smeermiddel moet aanwend anders gaan die dame gou uitvind dat grass burns nie die ergste soort brand is nie.

Omdat elke individu die beste weet hoe sy masturbeer is dit ´n goeie idee om jou vrou of bedmaat eers op hul eie te laat aangaan, terwyl jy dit vanaf die kantlyn dophou.

Sou jy as man bekommerd wees dat jou vrou of meisie belangstelling in jou gaan verloor moet jy net onthou dat die triller nie soene of drukke kan gee nie … en die vulles uitvat, skottelgoed was ens.

Koop maar gerus ´n skommelstokkie. Julle sal saam ´n hele paar genotvolle myle op dit sit.

Sluit aan by die Gesprek

7 Kommentare

  1. Daar is nie iets soos 'n regte of verkeerde manier nie. Vra jouself, "Hoe wil ek gestimuleer word?", "Waarvan hou ek?". Dit is nie die vibrator wat jy moet leer gebruik nie, jy moet jou eie liggaam leer ken.
    Dit is baie belangrik dat jy ontspanne is wanneer jy begin. Jy moet ook genoeg tyd tot jou beskikking hê. Druk die vibrator op verskeie plekke tot jy op daai spesiale kol afkom waar dit baie lekker voel. Sommige vrouens hou van die vibrasie teen hulle lippe, terwyl ander daarvan hou om dit teen die klitoris te druk. Jy kan jouself penetreer of jy kan jou G-kol daarmee stimuleer. Een tegniek is om die punt van jou skommelstokkie teen die klitoris te hou terwyl jy die skag tussen jou lippe inbeweeg, en dan weer terug. Eksperimenteer tot jy iets kry waarvan jy hou.
    Onthou dat meeste vrouens se gemoedstoestand baie belangrik is vir 'n orgasme. Indien jou kop iewers anders is kan jy maar vergeet.

  2. Hi, ek het so rukkie terug vir my 'n skommelstokkie gekoop. Ek het hom al 'n hele paar keer gebruik, maar ondervind geen orgasmes nie. Gebruik ek hom dalk verkeerd of wat gan aan? Het jy dalk enige raad vir my oor hoe mens dit moet gebruik?

  3. Hou vas jou vibratortjie. Dit klink asof julle goed oor die weg kom met die skommelstokkie en ek twyfel of dit 'n probleem sal raak. Neem die hef, of dan die vibratortjie, in die hand. Jy is mos nie 'n hulpelose toeskouer nie. Jy weet mos nou al wanneer hy opgewerk raak. Sorg dat jy voor dit ontslae raak van die vibrator en sy onverdeelde aandag op jou vestig. Hy sal maar te bly wees as jy dit duidelik maak dat jy wil hê hy moet jou bevredig.

  4. EK HET SEKER DIE FOUT GEMAAK OM 'N VIBRATOR IN DIE HUIS IN TE BRING, MAAR SIT NOU MET DIE PROBLEEM. MY OU GENIET DIT VREESLIK OM DIE DING OP MY TE GEBRUIK, WAAROOR EK NIE KLA NIE, WANT ONS GENIET DIT BAIE, MAAR DIT HET NOU AL 3 KEER GEBEUR DAT TERWYL ONS MET MEKAAR SPEEL, HY KLAAR MAAK VOOR ONS TWEE SEKS GEHAD HET. WAT KAN EK DOEN? EN SAL DIT 'N PROBLEEM IN ONS VERHOUDING SKEP? MOET EK VIR VIBRATORJIE WEGGOOI?

  5. KamasutraFree.com gaan jou meer as ek kan vertel en wys van die Kama Sutra. Wat die skommelstokkie betref kan jy maar net by jou naaste sekswinkel instap.

  6. My vriend wil bitter graag meer weet van Kamasutra.

    Hy wil ook weet of hy n' skommelstokkie vir sy meisie vir haar verjaarsdag kan koop. Waar?

    Ek sal dit baie waardeer.

  7. EK EN MY VERLOOFDE IS AL 10 JAARSAAM, SU KON GLAD NIE KOM NIE MAAR WAS MAL OOR SEX , EK HET HAAR LAAT VIBRATOR SPEEL EN AANGEMOEDIG TOT SY BEGIN KOM HET , EN DIT WAS 3 JAAR LATER. DAAR WAS N HOOP UITGEBRANDE VIBRATORS TOE BESLUIT EK OM DIE SPORT MASAGER TE KRY , 220 V EN UITHOUVERMOE HET GELEI TOT MEER ORGASMES NA MEKAAR , EN OP N DAG TOE KON SY AL KOM AS EK MET HAAR SPEEL , ORGASME TYDENS SEKS IS OOK NOU AL N MOONTLIKHEID , DAAI MASAGER WERK NOG GEREELDE SKOFTE , SYS GELUKKIG EN EK HET NOU N VERBETERDE NYMPHO , LIEF HAAR TE VEEL

Lewer kommentaar

Leave a Reply