Die oorsprong van die perd

Die vroegste tekens van samewerking tussen mens en perd wys na Sentraal-Asië 5 500 jaar gelede.

Huidige teorieë het daarop gewys dat alle lewende perde afstam van die eerste makgemaakte perde uit Botai in die noorde van wat vandag Kazakstan is.

Dit is uiters moeilik om die oorsprong van die eerste makgemaakte perde te bepaal, omdat die moderne perd se gene al so omvorm is deur die mens se selektiewe teling met hulle.

Nuwe navorsing deur die Anthropologie Moléculaire et Imagerie de Synthèse aan die Université Toulouse in Frankryk het bevind dat die Przewalski perd, wat vandag nog voorkom, die voorvaders van die Botai perde is en die naaste afstammelinge van die oorspronklike perde wat makgemaak is. Die Botai perde kan dus nie die bron van die moderne perd wees nie. Daar is ook bevind dat die perde uit Botai luiperdagtige kolle gehad het wat met teling verlore gegaan het. Dit het ook gelei daartoe dat dié perde vandag nagblind is.

Die navorsers probeer steeds om te bepaal waar die eerste perde makgemaak is. Dit kan in Sentraal-Asië wees, maar daar word nou ook gekyk na dele Rusland en Oos-Europa.

Die onderstaande gemanipuleerde foto stel ten toon hoe een van die genetiese variasies wat ontdek is, vir wit met swart kolle, kon lyk.

Foto: Ludovic Orlando, verder verwerk deur Sean Goddard en Alan Outram

Lewer kommentaar

Leave a Reply