Dit lyk nie asof die 38 dolfyne wat twee weke gelede aan die kus by Woody Cape in die Oos-Kaap uitgespoel en gevrek het, ’n groot impak het op die aantal dolfyne in Algoabaai nie, sê Lloyd Edwards, mariene kenner en eienaar van Raggy Charters in Port Elizabeth.
Onlangse beeldmateriaal wat hy geneem het, wys hoe ’n groot skool dolfyne in die baai onder die ansjovis baljaar.