Wolwe, jakkalse, honde, hulle huil in dialekte

Die grootste studie tot nog oor die huil van wolf-spesies is vroeër vanjaar voltooi. In die studie is daar bevind dat elke subspesie sy eie herkenbare repertoire van en kenmerkende huil het. Die repertoire is soortgelyk aan wat ons as dialekte beskou.

Die doel van die studie is om wolf-bevolkings beter te bestuur. Die studie is ook belangrike omdat ons nog nie verstaan hoe die mens se taal ontwikkel het nie. Wolwe is vêr verwyder van die mens as spesie, maar ekologies het hul gedrag baie gemeen met ons. Dit is seker die hoofrede vir die bestaan van honde.

Wolwe by die Wolf Conservation Trust in Brittanje.

Foto: Arik Kershenbaum

Lewer kommentaar

Leave a Reply