Posduif gee nuwe lewe aan ou Bles Bridges treffer

Na ’n besige en opwindende jaar wat vertonings landswyd, sowel as openingsvertonings vir die legendariese Kip Moore ingesluit het, is die SAMA-bekroonde musiekgroep, Posduif, opgewonde om 2024 op ’n hoë noot af te sluit met ’n vars en unieke verwerking van die gewilde Bles Bridges-treffer, “Ruiter van die windjie”.