Kaapstad se mees ikoniese klipkatedraal gaan op Vrydag 19 Desember subtiel verander in iets tussen ’n operahuis, ’n tydmasjien en ’n luukse musiek-‘spa’, wanneer Opera UCT die gewilde Enchanted Baroque aanbied—’n uur van goue-era klanke wat jou ore soet sal sus, selfs al ken jy nie jou Bach van jou braaivleis nie.
Sleutelwoord Argiewe:Opera UCT
Die Fledermaus maak opera weer hoogmode
Opera is weer hoogmode in Kaapstad hierdie Oktober wanneer Opera UCT Johann Strauss II se geliefde operette Die Fledermaus opvoer – net betyds om Strauss se 200ste verjaardag en Wêreldoperadag te vier.
Verdi se Il Trovatore vir een aand in Kaapstad
Opera UCT en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, met die kragtige stemme van die KFO AfriArts-koor, is trots om ‘n konsertuitvoering van Giuseppe Verdi se Il Trovatore aan te bied – vir slegs een aand – by die Kaapstadse Stadsaal op 26 Junie 2025.
Opera UCT se seisoen skop af
Opera UCT se 2025 bekendstellingskonsert vir hul derde seisoen as ‘n produksiehuis, wat beloof om ‘n onvergeetlike aand van musiek te wees, is op Dinsdag, 25 Februarie 2025 by die Baxter-konsertsaal.
The Turn of the Screw
Opera-liefhebbers is in vir ‘n besondere ervaring hierdie November wanneer Opera UCT Benjamin Britten se opera-riller The Turn of the Screw aanbied.
