Kuns versus afknouery!
In ’n ateljee hang twee skilderye. Die een is die beroemde Mo(u)na Lisa, die ander ’n abstrakte kunswerkie genaamd Aapstrak. Die kunstenaar probeer ’n kliënt oorreed om die kunswerke te koop.
Die tema is selfbeeld en die harde werklikheid van boelies, met die les dat kinders nie mekaar se kollig hoef te steel nie.
Energieke vermaak wat een en almal sal meesleur en laat lag.
* Debuut *
Met: Lara Brand, Elana Venter, Marina Albertyn en Inandi Smit
Regisseur: Elana Venter
Teks: Elana Venter
Stel- en beligtingsontwerp: Esté Strydom
Tegnies en verhoogbestuurder: Esté Strydom
Genre: Kinderteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R60 | R70 by die deur
Plek: Weltevreden Maize, Stellenbosch
Datum: 2 Maart 10:30 | 3 Maart 15:30 | 5 Maart 16:00
Woordfees 2018
Aapstrak

Aapstrak
Roekeloos
2.5
