In 2012 het Janine Neethling en haar man, Deon Opperman, saamgespan om die eerste volwaardige Afrikaanse oratorium, Die Skepping, op die planke te bring. Deon het die libretto geskryf en Janine het die musiek, vir beide orkes en stem, gekomponeer.

Nou het Janine en Deon weer talente saamgespan om spesifiek vir Woordfees 2019 `n nuwe werk te skep – Afrikaan.

Die stuk het sy wording gehad in ’’n enkele vraag: “Wat beteken dit om te sê: ‘Ek is ’n Afrikaan?’ ”

Met haar toonsetting van Deon se libretto vir Afrikaan word Janine Neethling se veelsydigheid as komponis ten toon gestel – soms a capella, soms met orkestrale onderskraging en begeleiding, maar altyd, soos net Janine kan, ontroerend, opheffend en musikaal skouspelagtig. Die aanslag is kontemporêr en toeganklik, maar die fondament is klassiek.

* Debuut *

Met: Stephanie Baartman, Wessel Pretorius, Dizu Plaatjies & vriende, Akustika Kamerkoor, Janine Neethling & vriende

Skrywer en regisseur: Deon Opperman

Musiek: Janine Neethling

Vervaardiger: Jam Events

Genre: Musiekteater

Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen

Tydsduur: 1 uur 30 minute

Kaartjies: R100 – R180 | R200 by die deur

Plek: Adam Small Ouditorium, Stellenbosch

Datum: 4 Maart 20:30 | 6 Maart 15:00 | 7 Maart 16:00 Woordfees 2019

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar