Nadat Debbie, ’n bejaarde wit vrou, ’n problematiese foto op Facebook laai, word sy die mees gehate vrou in die land. Darren, ’n bruin joernalis, probeer by die kern van die verhaal uitkom. Debbie moet aan hom (en Suid-Afrika) bewys dat sy nie ’n rassis is nie. Sy span die hulp van haar kleindogter, Janie, in en huur ’n swart aktrise om te help. Sy hang Bafana Bafana-vlae, maak Maleise kerrie, speel die marimba en haal al wat ’n Tata Madiba-sêding is aan.
Hierdie klug steek die draak met mense wat behep is met transformasie en politieke korrektheid.
Skrywer: Margo Kotze
Regie: Andrico Goosen
Met: Margo Kotze, Eldon van der Merwe en Veronique Jephtas
Suidoosterfees 2021
Datum: 1 Mei 11:30
Tydsduur: 70min
Venue: NATi Arena
Ouderdomsbeperking: Geen O/13 T
Kaartjieprys: R80