Al ooit gewonder waarom teenoorgesteldes tot mekaar aangetrokke raak, maar mekaar later mal maak?

Antie Pohl is ’n skreeusnaakse komedie oor hierdie teenpooldilemma in die meeste verhoudings.

Antie Pohl is ’n tannie wat ’n tydskrif-kolom behartig. Die vrae wat sy ontvang en die raad wat sy gee word briljant deur Sorina Erasmus en Cobus Venter vertolk. Jy gaan jouself skaterend herken, maar dalk onverwags ’n hou in die maag kry.

Resensent Paul Boekkooi noem Antie Pohl ’n meesterstuk – humor sonder brieke!

Met: Sorina Erasmus en Cobus Venter

Teks: Barry van Rensburg
Verhoogbestuur: Anina Naude
Vervaardiger: Windgat Produksies

Antie Pohl
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Gesin
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R130
Plek: ATKV Boys High, Potchefstroom
Datum: 2 Okt 20:00 3 Okt 10:00 4 Okt 16:30 5 Okt 13:30

Aardklop 2018


Antie Pohl

Sorina Erasmus en Cobus Venter vermaak die gehoor in die komedie-debuut Antie Pohl, by Bergland Laerskool tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela, Vrydag, Junie 29, 2018. Foto: Mia Louw/Innibos


Antie Pohl


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply