Aswoestertjie

Die bekende sprokie van Aspoestertjie is verwerk tot ‘n pantomime, maar die geselskap is gebukkend onder erge finansiële druk en moet al hul vernuf inspan om effekte en skouspel te skep soos ‘n regte pantomime betaam, hoewel ‘n paar afwesige akteurs die skouspel reduseer tot ‘n pantomini eerder as ‘n pantomime.

Die geselskap laat hulle egter nie deur sulke detail van stryk bring nie en daar word nie net gek geskeer met die oorspronklike sprokie nie, maar visuele grappe en die akteurs se geswoeg om voor te bly met spesiale effekte behoort ook die gehoor te laat skaterlag. Die produksie behoort die hele gesin te vermaak.

Gaerin Hauptfleisch is verantwoordelik vir die teks en regie van Aswoestertjie – ‘n Pantomini.

In die rolverdeling is bekende komediant Leon Kruger van Skeitbang en Suurgat-faam, Floyed de Vaal, Frieda van den Heever en Stephanie Hough.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Floyed de Vaal, Stephanie Hough, Leon Kruger en Frieda van den Heever
Floyed de Vaal, Stephanie Hough, Leon Kruger en Frieda van den Heever

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar