Night at the Museum

Met: Ben Stiller, Dick Van Dyke, Mickey Rooney, Robin Williams en Owen Wilson.
Regisseur: Shawn Levy

Hoekom sal bekende akteurs hulle in ‘n rolprent begeef waarvan Shawn Levy die regisseur is? Die man is nie meer ‘n nuweling nie, maar blykbaar het hy nie veel meer talent as Big Fat Liar (2002), Cheaper by the Dozen (2003), Just Married (2003) en The Pink Panther (2006) nie.

Halfpad deur Night at the Museum kom jy agter dat jy nie werklik sal omgee as die dinosourus die hoofkarakter se nek aftrap nie.

Larry (Ben Stiller) die sekuriteitswag by ‘n museum is die hoofkarakter. Maar soos Larry uitvind, is die uitstallings in die museum snags vol lewe.

Die res van die fliek hardloop alles en almal in mekaar vas. Die rekenaaranimasie wat gebruik is is niks nuuts nie.

Dit vermaak hier en daar, maar die fliek is ‘n swak verskoning vir fantasie.

4 / 10

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply