Die Jazzart Dansteater en die Steve Biko-sentrum bied ‘n aangrypende werk by die Teater aan wat gebaseer is op die rol wat Steve Biko en die Swart Bewussynbeweging in die Suid-Afrikaanse vryheidstryd gespeel het.
Die storie word vertel deur sang, dans, fisieke bewegings en dialoog, waar die verlede in die hede ingespan word vir die toekoms.
Kunstekaap, Kaapstad
8 – 16 September
Kaartjies kos R90.