Black White Man Woman

Nataniël se jaarlikse produksie by Emperors Palace fokus in 2012 op vooroordeel, ongeregtigheid en die lewe.

Dis oor diktators, kommuniste, Moslems, homofobie en sommer net plain gierigheid. Nataniël staan op vir die onderdrukte, die armes, vrouens wat gebuk gaan onder geweld, homoseksuele wat vervolg word (nie dat Nataniël enige homoseksuele ken nie) an alle slagoffers van die Zimbabwiese regering.

Natúúrlik is daar mooi mense in sy orkes en uitspattige kostuums aan sy lyf.

Vat jou ouma, vat jou antie, smokkel sommer jou hond saam (as hy in jou handsak pas) en gaan kyk die stories, luister die musiek en word entertain by Emperors Palace tot en met 25 Maart.

O ja, die show se naam is Black White Man Woman.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Nataniël
Nataniël
Nataniël, met minder mooi mense wat saamsing
Nataniël, met minder mooi mense wat saamsing
Nataniël, met die mooiste hoed in die middel.
Nataniël, met die mooiste hoed in die middel.

Lewer kommentaar

Leave a Reply