’n Splinternuwe tong-in-die-kies-komedie geskryf deur die veelsydige en bekroonde dramaturg Charles J. Fourie.
Die hoofkarakter, Petrus Pansegrouw, kruip nader aan sy middeljare en staan verdwaas voor die weë van die liefde en verhoudings. Wanneer ’n jong, aanvallige aktrise sy lewe betree, ervaar hy egter weer hoop …
Met: Hilda Cronje, Cintaine Schutte, Nieke Lombard en Carin Bester.
Teks, regie en ontwerpe: Charles J. Fourie. Losweg gegrond op Rainer Werner Fassbinder se Die Bitteren Tränen der Petra von Kant.
Vervaardiger: Kaapse Teater Ensemble
KKNK 2012
Genre: Komedie
Afrikaans
Geen o/16
80 minute
R100
Oudtshoorn Courant Van Reedesaal, Oudtshoorn
4 April 10:00 5 April 14:30 6 April 10:00 7 April 14:30