Woerts in die hoekie

Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy ’n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is.

Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms’e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwêreld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voëltjies, goggas en paddas.

Aucamp skram egter nie daarvan weg om effens meer gesofistikeerde verwysings byna ongesiens in die verse in te glip nie, soos in die onsinversie oor oom Nathan die Ou Wyse en die verhaal van “Oorlede Dina Sourus”, wat die verse ook vir die voorlesers genotvol sal maak.

Slim woordspel, vindingryke ryme en Aucamp se trefsekere gevoel vir ritme maak dat hierdie versies gou onder die klassieke kinderverse in Afrikaans gaan tel, soos blyk uit twee van die kort versies:

“’n Miskruier werk en Juffrou Matte Matie by die Munisipaal leer somme wat nie skaad nie wat hom taks ’n halfkroon”

“Drie plus vier is amper tien, vir ’n vrag betaal. en tien min twaalf is sedertdien.”

Diek Grobler sorg vir die treffende illustrasies van die versies.

Woerts in die hoekie
Woerts in die hoekie

Woerts in die hoekie
Roekeloos

Woerts in die hoekie / deur Hennie Aucamp ; illustrasies deur Diek GroblerProtea Boekhuis, Januarie 2012. — 80 p. ; ill. ; sagteband ; 175 x 230 mm. — ISBN 9781869194697 :

R140

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Hennie Aucamp, Woerts in die hoekie, Protea Boekhuis, Diek Grobler

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply