Iewers ver op die Vrystaatse vlaktes is daar ‘n plaas: Madeliefievlei. Die eienaar van die pragtige plasie is boer Manie, en saam met hom woon sy wilde dogter Nella en sy gunsteling-koeitjie, Bella.
Maar wat as die tandemuis eendag skielik net verdwyn en Bella se melk suur word? En wat voer die aaklige haasbek-heks, Tersia Tandeheks, die keer in mou?
Kom kuier en sing saam met boer Manie op Madeliefievlei. Kom neem deel aan die avontuur!
Volksblad Kunstefees 2009
Teks: Ilne Fourie
Taal & Ouderdomsbeperking: Afrikaans. Professioneel. Gesin. Debuut.
Tydsduur: 45 min
Koste: R 50
Plek: Koowee-Rep-teater
Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za