Boetman is Bedônnit II: Expêt Avontuur, die tweede episode in die Boetman is Bedônnit Trilogie neem Wikus Botha, A.K.A. Mr V die wilde vigilante op nog ‘n skreeusnaakse avontuur.
Wanneer die stres van die daaglikse lewe as gevaarlike, gerespekteerde gangster van die Cape Flets begin knaag, stuur die sangoma vir Mr V Nederland toe, op ‘n reis om sy roots te gaan vind, wat sorg vir ‘n laugh a minute, aksiebelaaide show met geniepsige sosio-politieke kommentaar.
Met Jan-Hendrik Opperman, Riaan Visman en Dean van der Ventel
24 Sept , 20h30; 26 Sept 18h30
Ouerbegeleiding
Paarl Mall Ouditorium (Gimnasium Hoërskool)
70min, R80
Cultivaria 2009