Buite voor die deur

‘n Waansinnige komedie van wêreldwye proporsies met teks en regie deur Gideon van Eeden.

“Waar is ons nou eintlik? By the way? Berlyn? Boksburg, Belhar of Baghdad?” In hierdie buitengewone fantasie-komedie terg karakters uit alle oorde met die wrede realiteite van na-konflikse wêrelde. Na-Oorlogse Duitsland en na-Apartheid Suid-Afrika het by voorbeeld ‘n paar dingetjies in gemeen: lekker-lag nietighede soos erfskuld en gelowige verwardheid.

As jy nie weet wie Gideon van Eeden is nie, is dit tyd dat jy uitvind! Hierdie jong talentvolle skrywer, regisseur en akteur is al ‘n geruime tyd in die vermaaklikheidswêreld, maar hy skroom nie om te sê wat hy dink nie. Kom kyk gerus na die nuutste werk uit sy pen, en lag lekker vir die tong-in-die-kies humor.

Met Nicole Holm (Kanna- en dubbel-Fleur de Cap wenner) en Riaan Visman.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply