Die Mentze het ‘n nuk om die lewe ná die dood met groot bygeloof en vrees te benader.
Voorts is die Mentze veroordelend en inhalig – die een gun die ander niks en dis ‘n voortdurende skynheiligheid, geskinder en geloer. Nie een van hulle het Sophia se drumpel juis deurgetrap tydens haar laaste aardse dae nie, want sy het immers haar fortuin gemaak uit ‘n sosiaal minder aanvaarbare praktyk.
Miskien daarom dat Sophia die hele spul bymekaar laat kom vir die lees van haar testament. Maar soos Sophia sê: “Ek is dood, nie mal nie,” en gevolglik besluit sy om liewer self ook teenwoordig te wees by die lesery. So wag sy hulle dan in: in die ou plaasopstal se stowwerige voorhuis, waar hulle kan opklim teen die leer na die solder toe, boontoe, testament toe … hemel toe?
‘n Heerlike nuwe lighartigheid uit die pen van PG du Plessis, vol knoeiery, draadwerk, ou vetes, wantroue en afguns.
Met onder andere Annelise Weiland, Eric Nobbs, Henriëtta Gryffenberg, Pierre Breytenbach en Karen Wessels.
Regie deur Sandra Prinsloo.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
Ek verneem graag waar ek die draaiboek/boek/script van Sophia Mentz beredder haar boedel kan aankoop of aflaai. U antwoord sal waardeer word. Baie dankie. Ben Pieterse
Vra Tafelberg Uitgewers om jou versoek aan PG du Plessis te rig of sy kontakbesonderhede vir jou te stuur. http://www.tafelberg.com/AboutUs
Ek doen navraag by Eric Nobbs of hy nie dalk ‘n kopie van die teks het nie. Mooi dag Nico 0823742485