Kunstekaap lei die weg deur die eerste Suid-Afrikaanse teater te wees om William Shakespeare se sogenaamde verlore toneestuk, Cardenio, op te voer. Vanjaar bied Kunstekaap twee Shakespeare-stukke by die gewilde Maynardville Opelug Teater aan. Die program vir die volgende twee weke is gepak met opwindende aanbiedings insluitende ‘n internasionale treffer-musiekbelyspel, ‘n aangrypende drama, ballet, simfoniese pret en die begin van die jaarlikse Suidoosterfees.
Shakespeare se verlore toneelstuk, Cardenio, ‘n tragikomedie, is in 2010 deur Gregory Doran (artistieke direkteur van die Royal Shakespeare Company) en Antonio Álamo aangepas. Dié stuk is ‘n opwindende avontuur van liefde en seks, die verloëming van vriendskap en eer en speel in die 17de eeu af in Spanje.
Tot 16 Februarie by die Maynardville Opelug Teater. Kaartjies wissel van R110 tot R160.
