Die Kaapse Filharmoniese Orkes bied ‘n splinternuwe produksie by die Kunstekaap Operahuis in Kaapstad aan om die betowering van die sirkus na die musiekteater te bring. Dit is ‘n opwindende verwerking van artistieke vertonings wat oral oor die wêreld in teaters en arenas gesien is. Die kunstenaars sluit die mees verbasenwekkende veterane van uitsonderlike sirkusprogramme dwarsoor die wêreld in – sweefstokkunstenaars, akrobate, kunstemakers, dansers, jongleurs, koorddansers en kragmanne.
Kaartjies wissel van R190 tot R280.
