Club Cabaret
Club Cabaret is ’n eiesoortige opvoering waar jong kabaretkunstenaars van Nederland en Suid-Afrika op soek is na maniere om krities te kyk na die storms van die hede: Trump, populisme, immigrasie, finansiële krisisse, privaatheid, Miley Cyrus, die groot gapings in opvoeding, rassisme en dies meer.

Dit bied pitkos wat jou laat nadink, opruiende komiese sketse, liedjies en interaktiewe kabaret wat sosiale kwessies oopvlek waarin almal hulleself sal herken. Deurgaans en veral agterna word
gesellige, oop en uiteenlopende gesprekke gevoer op soek na antwoorde.

Met: Elisha Zeeman, Kyle Seconna, Minou Bosua, Michiel Lieuwma, Maarten van den Berg, Maya van As, Patrick Sytsema en Brigitte van Bakel

Regie: Maarten van den Berg

Oorspronklik ontwikkel deur Anna Uitde Haag
Orkes en lirieke: Megan van Wees, Floor Bazelmans, Bart Jakobs, Joran Welling, Teun Beurskens en Eva Willems
Vervaardiger: Corine Hulshof

Genre: Kabaret
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: Bosch-Restaurant & kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 23:00 | 6 Maart 23:00 | 7 Maart 23:00 | 9 Maart 21:00 GRATIS by die restaurant en 8 Maart 14:00 | 9 Maart 12:00 by die Fismer
Woordfees 2018


Club Cabaret

Club Cabaret


2.5


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply