Komediant Alan Committie is terug by Die Boer teater restaurant met sy jongste skerpskerts-vertoning. Die vertoning is Engels, maar met net genoeg Afrikaans om enige Amerikaanse spioen te oortuig …
In Comedy Gold sal Committie komediemedaljes toeken aan al die verregaande teenstrydighede en veelvuldige ondoeltreffendheid van die moderne lewe in 2025
Van verkiesings en afgryslike keuses sal hierdie vertoning gevul wees met al die gebruiklike woordspeling, fisiese hi-jinx en surrealistiese ompaaie en vars perspektiewe wat jy van hierdie topklas komediant verwag.
Alhoewel Committie nie ‘n opgeleide atleet is in die tradisionele sin van die woord nie, is hy ‘n hoogs gerespekteerde en gerekende lid van die Bothasig Amateur Vereeniging se 7de pluimbalspan (reserwes).
Terloops: Hy eet blykbaar nie koolhidrate op ‘n Dinsdag nie.
Die Boer teater restaurant in Durbanville op 15 en 16 Julie om 20h30.
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of www.dieboer.com

