Dames & Here

Dames & Here bied mense ‘n kykie in die wisselwerking en gekruisde kommunikasielyne tussen mans en vrouens.

Jolette Odendaal,Lizz MeiringDie eeue oue verwarring word in ‘n reeks vinjette ondersoek: soms snaaks, soms tragies, maar altyd vars en onverwags.

Die titel verwys na die private oomblikke wat ons almal daagliks noodgedwonge beleef.

‘n Rits gewone en ongewone karakters word deur vyf akteurs vertolk: Jolette Odendaal, Nana Stapelberg, Coco Merckel, Pieter Bosch-Botha en Hennie Jacobs. Lizz Meiring se regie laat ‘n eietydse fantasie gestalte aanneem. Dis warm, skerp, snaaks en soms knop-in-die-keel-vermaaklik.

Die moontlikhede is eindeloos en die resultaat ‘n soort realiteitstelevisie tussen die kleedkamerteëls. ‘n Mens weet nooit wat alles kan kop uitsteek nie. Daar is magic, fantasie, die harde werklikheid en drama. Maar wees nie bevrees nie: dit is nie toilethumor nie. Kom loop gerus ‘n draai.

Lewer kommentaar

Leave a Reply