Die wêreld wil weet is bekende skrywer Francois Bloemhof se eerste kabaret. Dit bekyk roem en die publiek se fasinasie met bekendes en berugtes se doen en late en ook hulle konstante versugting na nog skindernuus en ontblotings. Die eise wat daardie soort bestaan stel, die strewe na roem en die prys daarvan kom ook onder die soeklig. Die publiek en media se skep van kits-idole deur byvoorbeeld realiteitsreekse word ook vermaaklik ondersoek in dié multi-media produksie met masker en poppe wat ook betrek word om te kyk hoe vêr mense sal gaan om vir ‘n paar minute bekend te wees, net om vervang te word deur iemand wat iets ergers gedoen het.
Die regie van die stuk is behartig deur Gaerin Hauptfleisch met Stephanie Hough, Alwyn Kotze van Lukraaketaar, Louis Loock en Frieda van den Heever in die rolverdeling.
