Die Bank Windhoek Kunstefees

Die Bank Windhoek Kunstefees vier in 2007 sy vyfde verjaardag en prof. Aldo Behrens (koördineerder van die fees) skryf die steeds groeiende sukses toe aan spanwerk en professionaliteit.

Sowat veertig verskillende produksies en 135 vertonings was tydens die September hooffees te sien. Kaartjieverkope en algemene terugvoer word op 18 Oktober tydens ‘n terugskou vergadering verwag. Kunstenaars, Jan publiek en belanghebbendes van teater is welkom.

Die Bank Windhoek fees is geskep om as platform te dien vir teater, kuns en musiek omdat daar, aldus prof. Behrens, geen teater en opera kultuur bestaan nie. Gehore ontwikkeling is nog ‘n prioriteit.

(Nuwe) produksies, kunsuitstallings en koormusiek word in die vooruitsig gestel met opvoerings, poësievoorlesings en die Sokratiese vereniging as deel van Oktobermaand se verrigtinge. Programme vir elke maand se verrigtinge word deur takke van Bank Windhoek versprei. Vir meer inligting oor die fees kan prof. Aldo Behrens gekontak word by 081 236 7491 (Windhoek + internasionale kode 09264) en abehrens@unam.na

Oktober kan kunsliefhebbers uitsien na drie uitstallings deur die mode-ontwerper Maria Caley, die grafiese kunstenaar Jo Rogge en ‘n huldeblyk aan die bekende kunstenaar John Muafangejo. Die Sokratiese Vereniging vier op 23 Oktober die Unesco Wêreld Filosofiedag, terwyl KRIT ‘n poësiefees beplan vir 24 Oktober.

Besoek die Bank Windhoek kunstefees se webtuiste: www.bankwindhoekarts.com.na

bydrae: Haydee Hollander

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply