Danneline Ramsden bekoor die gehoor met ‘n samestelling van ou-gunsteling- en splinternuwe stories uit Komaggas in Namakwaland. Moenie hierdie gesellige kuier-aand misloop nie. Ons gaan skaterlag en dalk ‘n traantjie pink, maar wat ons wel weet is dat jy ‘n warm gevoel in hart en siel na afloop van die vertoning sal hê.
ʼn Heerlike Wintergereg met ʼn glas rooiwyn is hierby ingesluit.
Kaartjies: R300, by Computicket
Dinsdag, 25 Julie
Ete 18:00 | Konsert 20:15

